top of page

Kairos Netwerk

Kairos network is a network within the Dutch Reformed Church.

Die geloofsnetwerk bestaan uit huidige en gewese NG-kerk lidmate, kerkrade, gemeentes, ringe, streeksinodes en ander geloofsgenote van buite die NG-kerk wat bely dat Jesus die hoof van Sy kerk is, Hom volg en Sy voorbeeld uitleef.
Die Kairos Netwerk is gebou op aktiewe en voortdurende kontak, netwerk, ondersteuning en samewerking tussen lede wat Jesus se boodskap van verlossing uitdra. Terselfdertyd weerstaan die Netwerk die wat Jesus, Sy woorde en die Skrif se outoriteit ondermyn deur interpretasie wat lei tot gedrag en besluite wat nie Skrifgefundeerd is nie.
Die bereiking van die missie geskied deur ʼn mobiliseringsproses, die herstel van fondamente (opbou van die liggaam, lering en dissipelskap), transformasie en voortdurende hervorming.

bottom of page