top of page

Moreletapark Association

Moreletapark is a church that ministers to the needs of their community

MPA glo dat die kerk steeds God se plan is om ʼn gebroke wêreld te verlos en te herstel. Dit gebeur deur die transformasie van leiers. Dié bediening fokus daarop om leraars en gemeenteleiers te ondersteun, begelei en op te bou vir die eise en uitdagings van die bediening. Hulle poog om geestelike leiers met nuwe visie, passie en toerusting aan hulle gemeentes terug te stuur sodat geestelike transformasie teweeg gebring kan word in kerke, gemeenskappe wat uitkring na die land en die wêreld. 
MPA bied byeenkomste, programme soos onder meer die Jong leraars mentorskapprogram, media, getuienisse en hulpbronne aan wat onbeskaamd sentreer rondom Christus en sy Woord wat opbou, bemoedig en toerus sodat geestelike leiers geïnspireerd en vernuwe huiswaarts sal keer om ook verder as leier te groei.

bottom of page